Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu)


Guest

/ #289

2014-04-09 12:42

Mense mense die strikes is nie reg nie, en mense kry baie swaar. Maar ek dink ons almal mis die groter prentjie. Dit is God se manier om ons op on kniee te kry as die mense dit maar net wil besef. Ek werk ook op Lonmin maar besef julle dan nie, vir hoe lank het dit goed gegaan en vir hoe lank het ons net op ons eie krag staat gemaak. Kyk bietjie om julle, hoeveel mense ry in mooi duur karre rond die winkels het oor geloop, Rustenburg was 'n wel af dorp met baie aardse rykdom. Maar 'n groot deel was arm aan geestelike rykdom. Hoeveel van ons het net so nou en dan gebid, hoeveel van ons het elke dag dankie gese vir al ons seninge wat ons so onverdienstelik van God ontvang het. Die kerke is leeg. Kinders word nie meer geestelik gevoed nie. Daar gaan mense wees wat die gaan lees en gaan dink waarvan praat sy... Ek gee nie om nie, ek staan vandag op vir my God wat als wat ek in die lewe het gegee het. As daar net 5 mense uit al die mense wat die petisie teken van vandag af 12:00uur saam met ons wat dit al reeds doen bid, gaan God ingryp!! Mense God gaan nie ingryp nie voor al ons Christene op ons kniee gaan en tot God bid vir hulp nie. Niks en niemand is groter as ons God nie. Kom mense stel julle selfone se alarms vir elke dag 12:00 en bid saam met ons asb. God sal ons uit die elende help maar ons moet volkome op hom vertrou en ons moet hom almal saam vra... NET 5 MENSE ASB!